Middelburg Hearing Centre word vyf!
"Friends, Romans, countrymen, lend me your ears," begin Mark Anthony in William Shakespeare se bekende Julius Caesar-toneelstuk.
Hy kon maar net sowel van Middelburg Hearing Centre gepraat het.
Want dié praktyk vier vandeesmaand hul vyfde bestaansjaar en Middelburgers kan maar gerus hul ore uitleen – hier is weer lekker winskopies en spesiale promosies op die spyskaart!
“Die praktyk is nou al vyf jaar op die dorp en ons roem daarop dat ons die beste in ons vermoë doen om goeie diens aan die publiek te lewer. Jul getroue ondersteuning motiveer ons om altyd ons beste te gee.”
Die hoofdoelwit van Middelburg Hearing Centre is om ‘n omvattende diens te lewer.
Daarom werk hulle saam met oor-, neus- en keelspesialiste om ‘n korrekte diagnose te maak oor die oorsprong van gehoorverlies en daarna toepaslike behandeling te verskaf.
Gewoonlik begin gehoorverlies geleidelik en navorsing het getoon dat een uit twee volwassenes dit moeilik vind om in raserige omgewings te hoor. Met vandag se tegnologie is dit egter onnodig dat gehoorverlies in die pad staan van ‘n kwaliteitlewe.
“Jy moet nooit die lekker aktiwiteite opgee as gevolg van gehoorverlies nie. Daar is hulp, en as jy weet jy het gehoorverlies, het ek vandag vir jou goeie nuus,” sê Lindi le Roux (oudioloog).
Elke donker wolk het ‘n goue randjie en in die geval van gehoorverlies is dit gehoorapparate.
Danksy nuwe tegnologie en deurlopende navorsing het gehoorapparate aangrypend verander sedert die tyd to Beethoven ‘n trompet teen sy oor moes hou.
Moderne gehoorapparate is ‘n byderwetse, direkte oplossing vir jou kommunikasieprobleem wat jou lewe ten goede sal verander.
Die apparate is klein, gemaklik en word digitaal volgens jou spesifieke gehoorverlies ingestel.
Nóg ‘n verbetering in nuwe tegnologie is dat agtergrondgeraas minder is en dat die apparaat meer op spraak fokus.
Dus behoort jy beter in staat te wees om ‘n gesprek in geraas te hoor.
“Middelburg Hearing Centre het die antwoord vir jou. Ons lewer ‘n trotse diens deur ‘n verskeidenheid gehoorapparate van verskillende verskaffers te kan voorsien. Dus kan elke kliënt verseker wees dat sy spesifieke behoeftes, lewenstyl en finansies in ag geneem word by die keuse van ‘n gehoorapparaat.”
• Van die spesiale aanbiedinge gedurende die maand:
* Gehoorapparaat-battery teen slegs R35 vir ‘n pakkie van ses.
* Kom toets jou gehoor en staan ‘n kans om ‘n stel gehoorapparate ter waarde van R25 000 te wen.
* Afslag op alle gehoorapparate
* Die praktyk se opedag is op 24 en 25 Julie.
• Middelburg Hearing Centre is by die Central Office Park, by Midmed se parkeerarea.
“Maak gerus ‘n afspraak by Middelburg Hearing Centre as die eerste stap om jou gehoor, en dus jou lewenskwaliteit en sosiale interaksie, te verbeter.”



