CrimeLocal newsNews
Merke is vir wedloop
Inwoners in veral Kanonkop was hierdie week doodbenoud toe hulle neongroen merke voor hul huise op die sypaadjies kry.
Daar is gespekuleer oor wat dit moontlik kan wees. Sommige het gemeen dit is deur inbrekers gemaak om huise te teiken vir latere inbrake.
Mnr. Burnette Smook, van die Midack Marathonklub, sê die mense kan egter ontspan. Dit is kilometer merkers van hul beplande Richkim Oasis wedloop op 1 Mei. Hulle het reeds in Dennesig en Kanonkop begin om kilometer merkers op te sit vir die wedloop.
Die grootste gedeelte van die wedloop gaan deur hierdie uitbreidings.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



