Mens spot nie met siekte en andere se leed nie, daarom praat ons nie uit oor die Visvoete en Tjietas wat dit vir die laaste plek uitbaklei nie. Dan is die Stormers voor en dan die Tjietas en Saterdag veg hulle in die laaste loopgraaf vir daai laaste plekkie.

•Sê Speedie Nortman daar waar hy in sy ou WP trui sit: “Die Stormers gaan die ding nog doen die jaar”. (Julle weet Speedie was op sy dag die dorp se beste bokser, maar dat hy heelwat houe gevat het).
•Waar is al die Leeutjies en hulle rooi truie nou? (Veral ’n sekere Strydom outjie wat voorspel het die Lions gaan die Superreeks wen. Droom voort ou seun, droom voort).
• Jy vervang nie een Skot met ’n ander S(k)ot nie. Het julle Moyess gesê by United verloor jy net soveel keer in een seisoen nie.
•Was Frans Ludeke in Engeland was hy lankal gefire.
•Wie onthou nog vir Louis? Nee man, nie Louis die Laeveld Leeu nie! Vir Louis Fouché? Nadat hy die Bulls twee wedstryde na mekaar na nederlae geskop het, het Ludeke gesê hy moet sy vorm terugkry in die Vodacombeker. Kyk Ludeke met anner brille na wedstryde? Kan hy nie sien Joenou Ross val ook oor sy eie voete nie en Grant Hattingh is geen agsteman nie? (Die beste is met afskoppe waar arme Joenou langs die losskakel met afskoppe wag en teen die tyd dat die bal veertig meter verder is, is hy nogsteeds besig om weg te trek (Handbriek op dié man).
•En wie se skuld is al die ellende? Quintis van Rooyen, of alom bekend as Quintin van Bloues. Sou Oom Quintie dat Ludeke en sy trawante so met moord weggekom het? Nooit! Hulle sou met ’n nat koerant geklap gewees het dat hulle soos ’n Amerikaanse comic boek lyk.
•Nee wat om die Bulls te kyk is soos hierdie maaggriep en griep wat jy gelyktydig kry. Jy weet nie of jy moet hol of huil nie.
•Sê Mammie nog aanhoudend Saterdag: “Maar dis nie ons span nie, hulle speel dan in groen teen die blou span, ons is blou”. En Mammie is reg.
•Het die Chicago Bulls al die jare in plaas van hulle rooi in groen gespeel? Nooit!
•Op die pawiljoene sit die Blou Bul ondersteuners in blou, identiteitskrisis in Australië.
•Man sal kan doen met ’n miljoen, maar nie eers ’n miljoen rand kon atlete aanspoor om Thompson Magawana se rekord in die Twee Oseane te verbeter nie. Waarom? Wyle Magawana het daardie dag nie gedraf nie, hy het gevlieg!
•Eish! By die Varsitybeker wen Zarck Visser die verspring teen Duwayne Boer en Bantu Dingaan.
•Daar is niks so gevaarlik soos ’n oud-rugbyspeler nie: “In my dae!”. Nou word die vergete kragmeting tussen die Ou Middies en Rooies weer aangebied en uit die kleedkamer se verste hoekie hoor ons reeds wie gaan wie opdons, of so iets. Seuns, laat Oom nou vir julle raad gee: Speel Ougatte reëls en gaan geniet dit, Midmed se ongevalle kan net soveel pasiënte hanteer, anders is julle Provinsiale Hospitaal toe en daar kom julle nooit weer uit nie.
•Daar steek geen waarheid in die gerugte dat twee likkewane by die Buiteklub se kroeg gesien is, besig om skopdoppe te drink nie. (Sien berig in die voorste gedeelte van die koerant).
•Hulle speel so lekker, want hulle staak so lekker. Impala se manne kan nie net staak nie, hulle is ook die land se rugby klubkampioene.





Toe sien die stomers hulle gate