LettersLocal newsNewsOpinion

Anoniem: Dwelms

Na die berig oor ’n jong man wat sy lewe verloor het aan dwelms is ek stukkend. Die vrese wat ek met my saamdra, het vir ’n ander ouer waar geword.

Ek en my man is al 27 jaar getroud en het ’n pragtige seun. Hy was ’n presteerder op skool en was lief vir sy huis.

Op skool het hy omtrent nooit eers uitgeslaap nie, die maats moes altyd na ons huis toe kom.

Hierdie prag kind van ons het gaan studeer. Hy het uitgeblink en was omtrent elke naweek by die huis. Na sy studies het hy gaan werk in ’n ander dorp.

Een naweek het hy huistoe gekom en vertel dat hy verslaaf is aan CAT.

Dit was vir my en my man ’n groot skok, ons kon dit nie glo nie en het nie geweet hoe om die situasie te hanteer nie. Al wat ons geweet het is dat ons ons kind moet bystaan.

Ek het myself al soveel vrae gevra: Hoe kon ek dit miskyk? Ons was dan so naby aan hom?

Die ergste van dwelms is die skuldgevoel. Al die partye dink dit is hulle fout.

Die kind bly ’n skuldgevoel hê dat hy sy ouers gefaal het en ouers voel skuldig dat hulle gefaal het met die kind se opvoeding.

Ons het dadelik dat ons seun terugtrek huistoe sodat ons almal saam deur die probleem kon worstel.

Hy het sy rigting van werk verander. In die tyd het ons gesukkel om iemand te kry om hom te help.

As jy iemand bel is hulle baie simpatiek “en sal terugkom na jou toe” maar hulle doen dit nie. Dit is asof mens elke keer in ’n muur vasloop.

Ek is seker daar is mense wat goeie werk doen, maar ek het nog nie een raakgeloop wat bereid is om ’n pad te loop saam met ons gesin nie.

Ons het ’n paar reëls ingebring soos hy word getoets, hy kon nie gaan soos hy wil nie, al sy geld word vir hom beheer en ons het beheer oor sy telefoon gehad.

Dit het baie goed gegaan en ’n mens is geneig om sag te word en dan weer toe te gee.

Ongelukkig is daar ook mense wat dwelms gebruik en laasjaar het hy homself laat ompraat en een aand weer saam met vriende dwelms gebruik. Hy het toe as gevolg van ’n oordosis in die hospitaal beland.

Ons het besef hierdie probleem sal ons nie alleen kan hanteer nie en hy is toe na ’n rehabilitasiesentrum toe.

Hy het sy volle samewerking gegee en mens kon sommer die verskil sien toe hy die dag daar uitkom.

Die sentrum het ons gewaarsku dat hy opvolggroepe sal moet bywoon.

Hy moes na ’n ander dorp toe vir sy werk en daar is net geen groep naby hom beskikbaar nie. Net gister het ek seker 50 oproepe gemaak om hulp te soek, mense luister maar wil glad nie betrokke raak nie.

Ek wens mense wil besef hoe maklik dwelms beskikbaar is.

My seun het ons alles vertel, by wie en waar hy dit koop.

Hy het tot vertel dat die dwelmhandelaar elke kliënt persoonlik ken en tot elke keer sê “God Bless” as hy die dwelms gekoop het.

Onthou 99.9 % van die mense wat die dwelms verkoop gebruik dit nie self nie. Dit is hulle inkomste of dit nou jou kind doodmaak of nie.

Ons het gevind dat mense ons begin vermy het toe ons probleme begin het.

Daar was vreeslike skinderstories. Mense weet so min van dwelms dat hulle nie besef dat hoe so gesin net ’n mooi woordjie nodig het nie.

Ek wil graag elke ouer vra om hulle kinders te toets vir dwelms. Doen dit onverwags. Ek glo hoe vinniger jy weet dat jou kind ’n probleem het hoe makliker sal dit wees om hom te help om van dit weg te kom.

’n Urinetoets is baie maklik. ’n Kind wat weet sy ouers gaan hom onverwags toets sal twee keer dink voordat hy dwelms gebruik.
Dan moet ons dorp ’n sentrum hê wat 24 uur oop is.

Ek sal die eerste persoon wees wat my dienste aanbied. Iemand wat verslaaf is het soms net nodig om met iemand anders as sy ouers te gesels en liefde te kry, veral as hulle besig is met rehabilitasie.

Laastens sal ons ’n plan moet maak om dwelmhandelaars uit ons dorp te kry en hier praat ek veral van buitelanders wat ons kinders kom vergiftig.

Dankie aan ons Heer wat ons gesin in alles bystaan, want op die oomblik kan ons net op Hom vertrou.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

3 Comments

  1. Ek se laat staan die slap gat gyt en maak self plan met die fokker as hulle uit geroei word se ons die selfde God bless want ons reg stelsel is in sy moer so ek dink ons vat die reg in ons eie hande so ook vir die skelms in die dorp die gat by die weermag kamp is diep genoeg om saam n blok te sink

  2. Ek stem, dwelms moet uit ons dorp asook die suppliers daarvan. Ek was met n grooooot christen getroud net om na n maand uit te vind hy is al 18 jaar aan tik en cat verslaaf. Jy gaan deur he’ll met so n mens en lewe in vrees elke sekond van jou dag. Ekt een vraag, daar is dorpe soos Ventersdorp waar rasse beperk word, as hul so iets kon regkry, hoe op aarde kan ons nie dwelm handelaars uit ons dorp hou nie? Soveel gerehabiliteerders het genoem waar, hoe, wanneer koop jy waar wat en hul gee al die leidrade maar nogsteeds gebeur niks nie. Die DA soek stemme, n dwelmvrye dorp en lewendige kinders verg meer aandag as vuil badwater en gate in ons paaie! Maak plan, dis nog nie te laat nie. Ek stem ook, ek is tweede om hulp en raad te gee vir ouers en kinders wat wil rehab.

  3. Hi almal my broer is ook n dwelem verslaafde heroine en ek weet gladi hoe om hom te help nie ek het nie geld om hom te help nie en ek voel net as ek hom nie help nie gaan dit sy einde wees my ma en pa is geskei van daar af het als net begin uit mekaar val my ma het nie veel met my broer te doen nie en my pa is al raad op en het ok nou op gegee en as ek nie begin its doen vir hom nie gan ek hom verloor ek het nou al so baie stories gelees van mense wat kritieseer mense wat se ek het nie simpatie met dwelem verslaafde nie en hule mors hule lewens op en silke dinge daai mense weet nie hoe ander mense voel wat in silke gevalle is nie en hukom mense verslaaf rak nie dit kan met enige iemand gebeur niemand vra vir silke dinge om met jou te gebeur nie ek wilie simpatie he nie ek wil net vra vir raad om my broer se lewe te red want hy voel all klaar nieman will hom help nie en almal gee op en ek will hom help hy is my enigste broer wat ek het so asb ek vra as iemand my rad kan gee asb ek sal dit baie waardeer

Back to top button