Plaasaanval – vier vrygespreek

Die vier mans wat gearresteer is in Augustus 2012, nadat mnr. George Mills en sy seun George (junior) op hul plaas aangeval is, is Vrydag vrygespreek.

Na twee jaar en verskeie hofsake is die saak uiteindelik afgehandel en die vier mans onskuldig bevind.

Volgens a/o Stanley Magaela is die rede omdat daar nie genoeg bewyse was teen die vier, Siqelo Dlamini (30) van Thembisa, Thango Makula (41), Samuel Theledi (35) en Partric Mokabudi (37), nie.

“Dinge loop maar soos dit loop,” was mnr. Mills se kommentaar Vrydag nadat die groep vrygespeek is.

“Ek haat nie die aanvallers nie, maar sal graag net vir hulle wil vra hoekom, hoekom juis by my huis?”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button