Video: Sluis is oop!

Een van die sluise van die Middelburgdam moes Woensdagaand 17 Desember oopgemaak word nadat die dam van verlede week se 81% na 'n ongelooflike 97% gestyg het!

Die sluis is omstreeks 18:00 op 300mm oopgemaak en teen 22:00 moes die laagwaterbruggie (Klein Olifants onder die Kees Taljaard Stadion) toegemaak word, omdat die water soos ‘n dik kombers oorgespoel het.

Die beplanning was om die sluis teen 18:00 Donderdagaand weer toe te maak.

• Daar is die afgelope week 47mm reën in Middelburg en 37mm op Hendrina gemeet.

• ‘n Video is geneem toe die sluis oopgemaak is:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button