Blitsbrekers wen sewesbeker

Middies se sewesspan is die bekerwenners van die Rhino Sewestoernooi in Potchefstroom, na hulle Potch Gimnasium 17-7 in die eindstryd geklop het.

Die span het altesaam 223 punte opgestapel en slegs 54 afgestaan; wat beteken dat hulle elke wedstryd met ‘n gemiddelde telling van 32-8 gewen het.

Die vlugvoetige Telvin Mhlongo is boonop as die speler van die toernooi aangewys.

• Uitslae (MHS se telling eerste):

55-7 teen Zwartkop

42-7 teen Rustenburg

29-7 teen Hans Moore

29-7 teen Lichtenburg

29-0 teen Overkruin (kwarteindstryd)

22-19 teen Potch Volkies (halfeindstryd)

17-7 teen Potch Gimnasium (eindstryd).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button