Video: Groot karp geflous
’n Knewel van ’n karp van 9.2kg het Sondag in die vroeë oggendure aan ’n rooi “Boilie” geknibbel en aan die lyn van Marius Moolman beland.

Hy wou nie bekend maak wáár hy die vis gevang het nie, omdat hy sê dat ander mense “die damme leeg maak” as hulle die visse hou. Nadat hy die vis gevang het, het hy net ’n foto geneem en hom weer laat gaan.
Moolman is ’n ywerige hengelaar en sê hy kry altyd welslae in die omgewing se damme met “Boilies”, “Tygernuts” en mielies.
• Persone wat hengelstories het is welkom om die Observer te laat weet by 013 243 1434 (praat met Daleen) of stuur foto’s en stories na daleen@mobserver.co.za.
Met die hengelseisoen wat in September afskop wil die Observer op gereelde basis sy lesers ingelig hou oor hengeltoestande, goeie vangste of enige ander interessante hengelnuus.




Ek weet nie die die man op die foto is nie maar dit is definitief nie Marius moolman nie…..dit is nie eers dieselfde foto as in die koerant nie………….
Daai is nie n karp nie dis n bass wat daai ou vas hou