EntertainmentLifestyle

Leeuklip leer skilder

As jy ’n potlood kan vashou, kan jy teken.

Dit was die woorde waarmee Johanna Botha die lede van die Leeuklip VLU geïnspireer het om deel te neem aan die werksklas wat sy aangebied het.

Die vroue moes na musiek luister en die ritmes op papier vaslê.

Daarna het sy met ’n skeur- en houtskool skadu-tegniek gewys hoe ’n mens landskappe en allerlei vorms kan skep.

Die lede het entoesiasties deelgeneem en verborge talente ontdek.

Vir enige navrae rakende die tak se werksaamhede bel Magda Beneke by 079 892 6394.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button