Opvolg: Is Frikkie regverdig verhoor?
Die blitsvinnige verhoor, skuldigbevinding en vonnis van mnr. Frikkie Lutzkie laat talle vrae. Lutzkie is verlede week in 'n Zimbabwiese hof skuldig bevind op 14 aanklagte en vir drie jaar tronk toe gestuur.
Lutzkie se skuldigbevinding, en veral die feit dat hy skuldig gepleit het op die aanklagte teen hom, het vir baie as skok gekom.
Tydens ‘n telefoongesprek, voor sy inhegtenisname, het Lutzkie met die Middelburg Observer geprtaat oor die Doddieburn helikopterongeluk.
Lutzkie, het volgens ‘n betroubare bron, die Maandag van sy inhegtenisname vrywillig na Zimbabwe gegaan om probleme en misverstande te probeer uitstryk nadat hy in kontak met owerhede daar was.
Hy het hom vrywillig onderwerp aan ondervraging en is nie deur knap polisiewerk op die lughawe gearresteer soos daar algemeen berig word nie.
Nadat hy ingeneem is vir ondervraging is mnr. Lutzkie vir dae aangehou.
Sy regspan het volgens die bron gespook om duidelikheid te kry oor wat die presiese aanklagte teen hom was.
Met verbysterende spoed is hy binne twee dae aangekla, verhoor en gevonnis op 14 aanklagte.
Plaaslike prokureur en oud-landdros Derick van Wyk het gesê dat dit algemene kennis is dat die regstelsel in Zimbabwe heeltemal in duie gestort het.
“Niemand kan ‘n regverdige verhoor in Zimbabwe verwag nie. Frikkie sou nooit een gekry het nie.”




Hoeveel mense is al deur Frikkie ingedoen? Hoeveel liegstories het hy al vertel? Hoeveel mense het hy al laat swaarkry omdat hy skelm was? Self mense wat vir hom gewerk het kon niks goeds van hom se nie. Ja Frikkie, die wiel draai ne!
Ek stem saam met Stephan hy is Bo die hof. Small man sindrome Elke hond kry sy dag.
Frikkie het BAIE mense kwaad aangedoen,hy vertel sy familie hy doen net goed vir mense, Ha Ha, weet van BAIE mense wat hy ‘n rat voor hulle oe gedraai het en met al hulle goed weggeloop het.