Editor's choice

•Dankie Lions, julle het die Bulls uit die Superreeks geboender.

•Dankie Stormers, julle het die Sharks van ’n eerste plek beroof.

•Dankie Frans Ludeke, jy het ’n talentvolle span ’n klomp losers gemaak.

•Dankie Victor Matfield, toe dit saak maak sit jy das en pak in die afrigtershokkie. (Lekker gerus sodat jy die Bokke kon lei en die Bulls ly).

•Dankie JJ Engelbrecht, jy hou nou die rekord vir die meeste knocks in een wedstryd.

•Dankie Bulls, julle het my nag naar gemaak.

old jo_591601142

•Dankie vriende vir al julle sms boodskappies Saterdagaand, nooit geweet ek het soveel vriende wanneer daar nood is nie.

•Moes Saterdagmiddag geweet het hier kom ’n ding. Weg vir die naweek saam met ’n Lions ondersteuner, fanatiese een, een van daai wat eers ’n Bul was en iewers toe Francois Pienaar en sy span ’n beker gewen het, skielik maanhare gekry het. Hy stel toe voor om Saterdagmiddag potjie te maak, nie sommer so potjie nie, beesstert potjie! Skuif die pot reg, televisie aan en ’n filosofiese gesprek van hoe belangrik dit is dat ons land, Suid-Afrika, twee spanne in die uitklopfase het. Dat die Bulls moet wen en die Stormers verloor. Ons almal stem saam. Maar wragtag, toe die Lions punte aanteken, word daar gejuig en die patriotisme verdwyn saam met die beesstert by die pot in. Dankie vir jou ook. (Is oortuig ’n bul se stert was in die pot).

•En die gasvrou by die oord moes ook ’n voorgevoel gehad het, want sy bring mosselsop vir voorgereg. (Blêrrie Visvoete).

•Kan Frans Ludeke nie net eenkeer maak of hy spyt is die Bulls het verloor nie? Asseblief, net eenkeer!

•Gaan vir Frans ’n T-hemp laat maak met die woorde: “Bla bla bla bla…”. “Die Lions het goed gespeel, ons het nie ons geleenthede in punte omskep nie, ons veg voort.” Wat se klomp bollie! Julle was swak en platvoet en het my platvloers gemaak. (Daai toesprakie hou hy al die hele jaar).

•Old Joe sit nou behoorlik met ’n identiteitskrisis, skaars was hy ’n fietsryer en Trac verf hom weer oor as ’n rugbyspeler. Boonop is daar nou ’n Twitter kompetise waar mense moet raai watter rugbyspeler Old Joe voorstel. Hulle kan dan toetskaartjies wen vir die Bokke teen Wallis. Volg @TRACKN4route. (Lyk vir my eerder na ’n rugby administrateur as rugbyspeler).

•Skuus, sien nou eers, die tong, dit moet Sekelstert wees! (Pasop as jy daar verby ry dat hy nie aan jou kar lek nie).

•Die ANC se kinderbende, die Anties se Jeug Liega was skoon kortasem nadat Bongumusa Mthembu die Comrades gewen het. Stuur ’n nasionale verklaring uit: “Our Comrade wins Comrades”. Wonder wat gaan hulle sê wanneer Kameraad Matfield en sy span die wêreldspan klop?: “Ons volk wen teen die wêreld?”

•Daar verloor HTS Middelburg so byna teen HTS EmmaMahleni. Kyk, dit is klaar depressiewend om verby Rand Carbide, verby die rook, deur Stinkstad te ry. Om dan nog op daai depressiewende vlakte te speel, eish, geen wonder nie Rooies.

•Iewers in die Groot Boek word gepraat van mense wat hardloop maar hulle word nie gejaag nie. Sondag het dit gelyk of die Dominee gejaag word deur iets. Hoe dan anders? Ds Colin Hertzog het vervaart by die stadion aangekom want daar was net ’n paar minute oor voor daardie verderflike pistoolskoot.

•Dit moet in die Koch familie se gene wees. Lank gelede afgesuiker daar teen Fields Hill af saam met pa Hein. Onder het ma Anetta gewag. Ons eet gou ’n piesang en vat die pad einde toe. Maar Hein talm vir nog ’n eetdingetjie. En daai talm kos hom toe ’n silwer medalje met drie minute. Sondag het kleinboet Johan sy silwer met 30 minute gemis. (Waarvoor het jy gestop?).

•Amlamapstieks, kyk wie is ons nuwe krieketkaptein. Verrassing? Nee, mos glad nie mensies, het ons dit nie verwag nie? Faf, AB en Amla kry elkeen ’n span.

•Die Bokke se B-span teen die Bokke se A-span Saterdag.

•Besige naweek…Dis oumanne rugby, dis rammetjies, die skole wat uitspeel, dis Ferro teen die dorp en dan jaag hulle nog resies op Rietkuil. (Houvas my brannewyn en check Saterdag my moves).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button