VIDEO: Bus bots by Cafe 101
Mense het oopmond saamgedrom by Cafe 101 waar ’n bus pandemonium veroorsaak het rondom die middaguur.

Omstanders was sprakeloos oor die skade in die vreemde botsing waarin vier motors en ’n bus beskadig is.
Die motor waarteen die bus gebots het, het op sy dak in die middel van die besige roete gelê.
Na die botsing het die bus in die parkeerterrein ’n geparkeerde motor afgeskryf.
Twee ander geparkeerde motors is ook erg beskadig.
Die busdrywer het volgens tientalle omstanders, wat daar saamgedrom het, van die toneel af gevlug.
Kort na die botsing was die toneel omring met noodvoertuie.
Net die bestuurder van die motor waarteen die bus aanvanklik gebots het, is gering beseer.
Die Observer berig Vrydag meer indiepte oor die botsing en ander motorbotsings die afgelope week op die dorp.




Al wat ek gehoor het was die slag toe sien ek die bus soos “in slowmation ” teen die overture vas ry ons almal was stom geslaan.Dit kon soveel erger gewees het die Here se hand was our ons almal by die 101 cafee want dit was n kwessie van sekondes of Een van ons was of order die bus of in Een van die “crashed ” karre ek dank die Vader kinders/anders menses was nie in die bus of die ander overture nie en day niemand Ernst seer gekry het nie dit was voorwaar n wonderwerk! As ek die busbestuurder was sou ek ook weg gehol het.
Your cranium must be prenictotg some very valuable brains.