EntertainmentLifestyle

Uitdaag by Rietkuil Raceway

Rietkuil Raceway hou Saterdag 'n reuse "Open Wheeler" uitdaag.

Die V8 Sprints en Super Midgets gaan die grootste trekpleisters wees vir hierdie middag/aand wedren. Kwalifiserende rondtes begin reeds om 15:00 sodat die wedren om 16:00 kan afskop.

Deelnemers gaan probeer om vorige rekords te verbeter en dit beteken blitsvinnige tye om die baan, aangesien Rietkuil Raceway gereken word as die vinnigste teer ovaalbaan in Suid-Afrika.

Daar sal in nog sewe ander klasse deelgeneem word.

Hierdie wedrenne is ‘n lekker aptytwekker vir die streekskampioenskap wat op 7 Junie om 16:00 by Rietkuil Raceway aangebied word.

Daar word meer as 100 deelnemers verwag.

Eet- en drinkgoed sal te koop aangebied word.

Vir enige navrae bel Kobus by Auto Carb by 073 1733 988.

• Rietkuil Raceway is reg langs Arnot kragstasie geleë.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

One Comment

  1. Ai, weereens was ons teleur gestel met die wedrenne te Arnot. elke keer adverteer hulle hoeveel klasse en karre gaan deelneem. daar gekom en goed betaal by die antie van die hek wag ons in spanning. maar o wee karre is maar min. Die “brannas en coke” vloei. Orals loop kinders en het net een ding op die brein en dit het in n mate iets met “ry’ te doen. aan die organiseerders wil ek net se baie dankie vir julle pogings om dit interesant te maak vir almal. veral vir die kleingoed met die sang kompetisie. almal het dit geniet. behalwe vir die “asshole” met sy doef doef lawaai agter die pawiljoene.
    kan ons nie weer die manne kry met die “tap en Spins” nie. die V8 klas begin al mooier lyk, so ook die feuler klas. waar is die flexis?
    ek weet dis n duur sport en ons paaie nie te goed nie, maar nou ja ek bly n sucker for punishment en laai almal op die bakkie en betaal sommer uit my sak vir ander ,maar gaan kyk nog steeds hoe dinge verloop.

Back to top button