School sportSport
Middie wen brons teen hardebaarde
Hoërskool Middelburg se Wihan van Schalkwyk het die afgelope naweek sy staal teen die hardebaarde van Suid-Afrikaanse stoei gewys.
Die 17-jarige Middie het teen stoeiers van 20 jaar en ouer by die SA Jeugkampioenskap kragte gemeet en het met ‘n brons medalje huistoe gekom.
Van Schalkwyk het reeds sy eerste SA-medalje in graad een gewen – óók ‘n brons. Sedertdien spog hy met 18 goue medaljes by dié kampioenskappe en twee Afrikatitels.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



