School sportSport
Maroela is vol Middelburgers
Tukkies se Maroela-koshuisrugbyspan kan maar hul naam na iets meer Middelburgagtig verander.
Want sjoe, die dorp word omtrént in die koshuis verteenwoordig.
Peter Pienaar (losskakel), WJ Meyer (vleuel) en Jeandre Taljaard (haker) het almal vir Maroela in die koshuisfinaal teen Mopanie uitgedraf. Dan het Jacques Stapelberg óók nog gedurende die seisoen vir hulle gespeel. Hy het egter die eindstryd misgeloop.
Die Middelburg-Maroelafaksie het egter 13-16 vas-geval, na Mopanie ‘n verdoelde drie in die doodsnikke van die wedstryd gedruk het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



