School sportSport

Blitsbrekers by MHS

Dit was Saterdag 'n geval van "vinnig, vinniger, sewesblitsvinnig" tydens die Hino Sewestoernooi by Hoërskool Middelburg vir o/15- en o/17-spanne.

In die o/17-kategorie het HTS Middelburg in ‘n spannende bekereindstryd 17-12 teen Nelspruit vasgeval, terwyl Middies 46-10 teen die Hommels in die plaatfinaal baas was. Vroeër het die Rooi- en Groenblitse 10-10 in die groepafdeling gelykop gespeel.

Middies se o/17 span dring egter saam met HTS Middelburg na die Noordvaaltoernooi by Menlopark deur, na Nelspruit onttrek het.

Die Rooies se o/15-span is die wenners van die toernooi, na hulle Middies 14-5 in die bekereindstryd geklop het.

Die dorp spog dus met vier spanne wat die provinsie by die Noordvaaltoernooi gaan verteenwoordig!

• o/17-uitslae:

HTS Middelburg:

33-0 teen Lowveld

59-0 teen Hoërskool Generaal Hertzog

10-10 teen Hoërskool Middelburg

46-0 teen MHS Hommels (halfeindstryd)

12-17 teen Nelspruit (bekereindstryd)

Hoërskool Middelburg I:

26-0 teen HGH

38-0 teen Lowveld

10-10 teen HTS Middelburg

0-31 teen Nelspruit (halfeindstryd)

46-10 teen Hommels (plaateindstryd)

Middie Hommels:

12-5 teen Hoogenhout

5-29 teen Nelspruit

40-14 teen HTS Witbank

0-46 teen HTS Middelburg (halfeindstryd)

10-46 teen MHS I (plaateindstryd)

• o/15-uitslae:

HTS Middelburg:

59-0 teen Lydenburg

17-12 teen Hoogenhout

26-0 teen HTS Witbank (halfeindstryd)

14-5 teen MHS (bekereindstryd)

Hoërskool Middelburg:

44-0 teen HGH

21-7 teen HTS Witbank

28-7 teen Ligbron (halfeindstryd)

5-14 teen HTS Middelburg (bekereindstryd)

Hommels:

38-0 teen Lowveld

31-7 teen Ligbron

0-36 teen Hoogenhout

33-7 teen HGH.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button