School sportSport
Middies verwerf medaljes
Mens hoor sommer Chariots of Fire in die agtergrond speel wanneer jy na die landloopprestasies van dié Hoërskool Middelburg-leerlinge kyk.
Tydens die distrikbyeenkoms het Romeo Dikotope (goue medalje o/16-seuns), Jacques Keulder (silwer medalje o/15-seuns), Somey Uys (brons medalje o/15-dogters) en Emma Schutte (brons medalje o/16-dogters) presteer.
Die volgende atlete is dan ook in die Nkangala-span opgeneem: Romeo Dikotope o/17, Iain Zwart o/16, Miquel Pieters o/16, Jacques Keulder o/15, Atalia Mahlase o/14, Somey Uys o/15, Amber James o/15 en Emma Schutte o/16.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



