School sportSport
Drie na proewe
Middies se Cyprian Nkomo en HTS Middelburg se Barend Smit en Stephan Enslin is na die afloop van die Coca-Cola Cravenweek gekies om aan verdere proewe vir die SA Skolespan deel te neem.
Die drie is saam met 52 ander hoopvolle skoolsterre by die Barnardstadion in Kemptonpark in aksie.
• HTS Middelburg se eerste rugbyspan sou die naweek in die Mpumalanga-eindstryd teen Nelspruit gespeel het, maar om Enslin en Smit se proewedeelname te akkommodeer, is die wedstryd na Dinsdag om 14:00 by die Rooies geskuif.
• Die volledige lys spelers wat Saterdag aan die proewe gaan deelneem, verskyn elders in die koerant.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



