EntertainmentLifestyleLocal sportSport
Draf in die mooi natuur
Dit kan maar vervelig raak om kilometer na kilometer op die teerpad te draf.
Ryk Diepraam bied op Saterdag, 3 Februarie, weer ’n alternatief met sy Gorge Trail Run in asemrowende natuurskoon.
Daar kan gekies word uit 2.5 kilometer, 6.5 km, 10 km en 18 km.
Wegspring is om 7:30 maar drawwers en fietsryers moet reeds om 7:00 regstaan
Dieselfde roetes word aangedurf deur die bergfietsryers.
Inskrywings beloop vanaf R100 tot R50.
Die onsekerheid of padhardlopers wel mag deelneem sonder om skorsing in die gesig te staar, is intussen uitgeklaar. Padhardlopers mag wel deelneem maar sonder hulle lisensienommers.
Vir navrae bel Ryk by 083 528 9586.



