GeneralLocal sportSchool sportSport
Rooies kan spog
Die afgelope naweek het die Mpumalanga Junior Muurbaltoernooi in Nelspruit plaasgevind.
Drie van HTS Middelburg se muurbalspelers is opgeneem in die onderskeie Mpumalanga muurbalspanne: Laurike Erasmus, Shae Montague en Zanéle Ellis.
Laurike (o/16) behaal ‘n tweede plek en sal voortaan vir die A2-dogterspan speel. Zanéle ding mee in die o/19-ouderdomsgroep waar sy naaswenner is. Sy is opgeneem in die A2-dogterspan.
Shae behaal ‘n sesde plek en is gekies om die o/19 B3-muurbalspan te verteenwoordig.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



