BlogsEditor's choiceLocal sportOpinionSport

Flopsport

•Keurige taalgebruik. Sit Jan Niewoudt van Boer Soek 'n Vrou-faam in die kantoor en met sy Kaapse brei verduidelik hy sy storie. Saterdagmiddag bel Hennie Gif kort nadat sy Stormers teen die Waratahs gewen het. Opgewonde soos 'n seuntjie. "Nié man," sê hy, "Kobus van Wyk het met sy lang bene deur hulle gehardloop soos 'n volstruis deur 'n trop skape." En oor die Waratah spelers: "Daai ouens is te groot, hulle loop dan met sulke stywe bene soos 'n bokram wat gesny is!".

•Lank-lank gelede. Om die waarheid te sê, 25 jaar gelede, hol dogtertjies met lang vlegseltjies en haasbek mondjies, op die dorp se landloopbane. Jaar na jaar maak enetjie nét nie die Oos-Transvaal span nie, Lerentia Swanepoel. Ouers skreeu hulle longe uit, maar pure verniet. Vandag draf die einste dogtertjie as Lerentia Strydom die land se velddrafroetes aan die brand en het haar tussen die voorste vroue atlete gevestig tydens die Twee Oseane wedloop. (Saterdagoggend durf sy die Wille Ding by Loskop aan).

•Was seker lekker vir die Pukke Maandagaand oppad Bloemfontein toe. Maar ai, die pad terug? Moes swaar gewees het! (Waarom dra so baie Puk meisies Ibbies truie?).

•Loskop vier vanjaar sy dertigste bestaansjaar. Toe nie! Nadat daar reggemaak is vir groot makietie om dié mylpaal te vier, is agtergekom daar is een jaar te veel bygetel, dit is eintlik die 29ste jaar.

•Bewe ‘n hele paar manne en vroue se hardloopbroekies vir Saterdag se Wild Thing. Hulle weet daar wag ‘n bult met die naam Giraffe Neck. Jy begin by die kameelperd se stert en as jy op sy rug is en dink jy is bo, moet jy nog by sy nek uitklim. (As jy bo is moenie vergeet om om te draai en oor die dam uit te kyk nie – hoe sê die kinders? “Awesome!”)

•Was lekker op Loftus Saterdagaand danksy die Man van die Losie. Probleem is net, as jy ‘n twintigjarige saamvat. Dan is die Campbells se Bietjie Bietjie Lam, Vat My Vas, en Sewe Soene, daar op die buitevelde, nou nie so snaaks nie. (Maar dis so lekker as die Bul wil!).

•Elke jaar neem Johann Gresse sy “springfoto’s” voor die Loskop marathon. Hy kry ‘n paar Middies meisies en hulle spring baldadig die lug in. Hierdie jaar vra ons die burgemeester om saam vir die foto te staan. Vra Gresse: “Hoe gaan ek die burgemeester laat spring?” As die DA nie eers vir Mike kan kry om te sping nie, sal niemand kan nie.

•Alles in die Haak? Welkom by die Loskop Ziska! Die nuwe Forever werknemer wat die Observer met die week se bylaag bygestaan het, Ziska Haak, het ‘n rowwe week agter die blad en die afsetter se skoot het nog nie eers geklap nie. Oppad na Loskopdam Woensdag deur die dorp se “vriendelike” provinsiale verkeersmanne ingewag met ‘n boete, toe vasgeloop in die Kranspoort pas se sluiting, op grondpaaie beland en nou wag Saterdag nog.

•Nouja! Gaan slapies vroeg Vrydagaand, Saterdagoggend is dit vroeg op, of jy nou Loskop wil kyk, waterpunt beman, werk op die wedloop, of gaan sweet en swoeg…hier wanneer die Sharks en Bulle afskop vyf uur, gaan almal begin amps trek…en Eishkom se amps klaar raak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button