Local sportSport
Die Poerie-legende leef voort
Tydens ’n spesiale geleentheid het die rugbyafrigters van HTS Middelburg afskeid geneem van Poerie van Rooyen, kollega, voorheen rugby-organiseerder, provinsiale Cravenweekkeurder en -afrigter, SA Skole-afrigter, adjunkhoof en vriend. Enkele kollegas van ander skole en jarelange vriende van mnr. Van Rooyen was ook teenwoordig.
Tydens hierdie gesellige kuier-en-afskeid is teruggekyk op die baie diep spore wat mnr. Van Rooyen by hierdie én ander skole op veral die rugbyveld getrap het. Juis daarom het mnr. Dolf Jonker (skoolhoof) die nuwe klubhuisgedenkplaat aan mnr. Van Rooyen oorhandig.
Voortaan sal die klubhuis as die Poerie van Rooyen Klubhuis bekend staan.
Sodoende sal die “Poerie-legende” in die Rooiesgeledere voortleef!
• Mnr. Van Rooyen gaan einde Maart met pensioen.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



