Local sportSport
De Klerk wen binne drie minute
Pieter "The Wolf" de Klerk het vir Jesse Fleming binne drie minute teen die planke gehad! Om presies te wees, die geveg het 2:58min geduur.
Fleming het goed weggetrek met twee goeie vuishoue, voor De Klerk die oorhand begin kry het.
Hy het vier of vyf houe geland en Fleming het die geveg grond toe probeer dwin, waarna hy vir De Klerk in ‘n enkelgreep gehad het. Mens sukkel egter nie sommer met ‘n wolf nie en De Klerk het met sy eie maneuver vorendag gekom wat Fleming gedwing het om handdoek in te gooi.
Die geveg was om die nommer een aanspraakmaker vir die Fight Star Veergewigtitel.
De Klerk sal nou op 28 Februarie 2015 vir Tjaart Henning aanvat.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



