Local sportSport
Ruan laat die speke sing
Ruan de Villiers - 'n graad 12-leerling van Hoërskool Middelburg - het die bergfietsspeke behoorlik by die Spur Skolereeks laat sing.
Van die beste ryers in Mpumalanga was in Nelspruit in aksie gewees. Dit was ‘n baie tegniese roete en deelnemers se vaardighede is kwaai beproef – hulle moes op ‘n stadium 650 meter tussen die berge klim.
Ten spyte van die moeilike terrein, was Ruan agtste oor die wenstreep.
Leerlinge word aangemoedig om nou al die fietse af te stof vir die ALZU Tour de Farm op 8 November.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



