Local newsNews
Carte Blanche ondersoek bewerings teen voormalige polisieman
’n Span van Carte Blanche het die afgelope week die Mpumalanga Hoëveld besoek om bewerings teen die ekspolisieman, Awie Geldenhuys, te ondersoek.
Hulle het met onder andere vroue, wat beweer dat hulle slagoffers was, gepraat, asook met die ouers van Maryka Kleinhans.
Maryka het op 27 Januarie in Kranspoort gesterf. Sy was by hom in die voertuig en daar is later gesê dat sy uit die kar geval of gespring het.
Die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat ondersoek steeds al die klagtes.
•Die uitsending is Sondag om 19:00 op M-Net.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



