CrimeLocal newsNewsBreaking News

Nuusflits: Kaper druk man in bagasiebak

Polisie is steeds op die toneel waar 'n kaper se geroofde voertuig in walle ingeploeg en hy 'n wapen op 'n man gerig het.

Die booswig het eers ‘n ouer van Steelcrest High School, wat vir sy dogter naby die stadion gewag het, met ‘n wapen aangehou en die man daarna in sy eie kattebak laat klim.

Die kaper het daarna in Oribistraat afgejaag waar hy die stopstraat op hoek van Springbokstraat ignoreer het.

Die vermoede bestaan dat hy gedink het hy kan oor die veld jaag Stoffberg se rigting toe en het in walle vasgejaag.

‘n Motoris is ook met die wapen gedreig toe hy wou help.

Die kaper is sowat 10 minute later gearresteer.

Lees die volledige storie in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button