EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Drie stokke pretgholf

’n Drie stokke pret gholfdag word op Nasionale Vrouedag, 9 Augustus, vanaf 08:30 by Kranspoort Gholfklub aangebied.

Die formaat is IPS en slegs drie stokke per persoon word toegelaat – géén uitleen!

Aangesien dit vrouedag is, speel almal van die vroue bowwe af, maar mans se voorgee is minus vyf en die vroue kan vier stokke vat!

Inskrywings beloop R150 per persoon. Nie-gholfers betaal R10 ekstra.

’n Bring en braai word na die gholf vanaf 14:30 aangebied. Ingesluit by die inskrywingsprys is vuur, pap en sous.

Bespreek vroegtydig by die klub by 082 715 6029.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button