Local newsNews
‘Donkiekar’ na Zimbabwe
Die polisie in Limpopo het ’n donkiekar van ’n ander soort ontdek.
Provinsiale woordvoerder, brigadier Motlafela Mojapelo sê dat die polisie ’n nuwe model Mercedes C klas in die Limpopo rivierbedding ontdek het net voordat dit die bosse aan die Zimbabwiese kant van die rivier, verdwyn het.

Die kar is deur ’n span donkies oor die droeë sandbedding getrek.
Brig. Mojapelo sê dat die beskuldigdes die bosse in gevlug het en dat die polisie se ondersoek voortduur.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



