EntertainmentLifestyleLocal newsNews
Dennies is Maandag op kykNET Skole Top 10!
Laerskool Denesig het gasheer gespeel vir kykNET se gewilde Skole Top 10 kemaraspan, en die uurlange episode waar die skool sy gunsteling top tien Afrikaanse liedjies kies word Maandag uitgesaai.
Tussendeur die musiekvideos word daar onderhoude en pittige insetsels oor onder meer die hoof, onderwysers en skoolkinders uitgesaai.
Die uitsending begin om 15:50 en sal strek tot 16:50 op DStv kanaal 146.
Ondersteun die dinamiese Dennies en skakel Maandag in vir ’n vermaakprogram soos min.




