Community galleriesEntertainmentGalleriesGeneralLifestyleLocal newsLocal sportNewsSchool sportSchools galleriesSport

Dit is rooi teen groen die week

Middelburg is in twee geskeur - jy is hierdie week of rooi of groen!.

Dit is weer die jaarlikse Classic Clash tussen HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg.

Oudleerlinge sak weer in hulle duisende op die dorp toe en skole het vroeg vanoggend al begin met geesvang.

Die res van die week is daar temadae by die onderskeie skole.

Die hokkiewedstryde word Woensdag by HTS Middelburg beslis en begin om 14:30.

Vrydag kom die dorp tot stilstand met reuse optogte deur die strate.

Saterdag se hoofwedstryd skop om 12:00 by HTS Middelburg af.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button