Local newsNews
Gratis inentings teen hondsdolheid
Alzu Pet & Vet, in samewerking met die Dierebeskermingsvereniging (DBV), bied ’n dieregesondheidsdag aan op 25 Oktober 2016.

“Daar sal gratis inentings teen hondsdolheid wees vir jou viervoetige metgesel en ons nooi die publiek uit om hierdie geleentheid by te woon,” sê Jana Wessels van die Middelburg Alzu Depot.
Dit begin 10:00 en sal tot 16:00 aanhou by 37 Dolerite Singel by die Middelburg Mall.
Vir enige navrae, kontak Warnigh Monk by 013 244 1988 of besoek www.alzu.co.za
• Die Middelburg DBV-inentingsprogram sal by die volgende plekke van 10:00 tot 16:00 wees:
Dinsdag, 25 Oktober by Alzu Depot by die Middelburg Mall
Vrydag, 28 Oktober SV Middelburg-kantoor
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



