Local newsNews
Video: Weddenskap sorg vir rit in kruiwa
Die Blou Bulle is nie die enigstes wat dié naweek verloor het nie.
PJ Linde het ’n weddenskap met sy oupa, Cas Badenhorst, verloor ná die Blou Bulle se 36-16 nederlaag teen die Cheetahs in die Curriebeker-finaal.
Die man wat se span verloor het, moes die ander een voor Kanonkop Spar in ’n kruiwa rondstoot.
Soos voorspel is, het die Bulle vir PJ in die steek gelaat en die Cheetahs se oorwinning het vir oupa Cas ’n kruiwa-rit besorg.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




