Local newsNews

Valk beheer duiwepes

'n Kaalwangvalk het korte mette gemaak van 'n duiwe verpesting by 'n huis in Morkelstraat (Suid).

Me. Kinnie Kidson vertel dat sy die afgelope paar maande ‘n erge probleem het met duiwe wat broei in groot bome by haar huis. Sy het selfs al een van die bome laat afsaag, maar van daar af het hulle net getrek na die reuse ou dadelboom in haar tuin, waar hulle daagliks ‘n groot gemors veroorsaak.

Donderdagoggend het ‘n geluid op haar sinkdak haar aandag getrek. Sy het uitgeloer by die venster waar daar ‘n pragtige kaalwangvalk sowat twee treë vanaf haar venster op die dak gesit het.

Me. Kidson het die voël dopgehou en gesien dat hy stip na die duiweneste kyk in die dadelboom. Die volgende oomblik het alles baie vinnig gebeur. Die valk het hom ingewriemel tussen die dadelboomtakke en hom trommeldik gevreet aan al die kleintjies wat hy in die hande kon kry.

Die ander duiwe wat in sy pad was, het hy summier aan die nek beetgekry en doodgebyt. Nadat hy hom trommeldik gevreet het, het hy rustig weer op die dak gaan sit en ‘n middagslapie gevat.

Sy is baie dankbaar vir dié voël wat nou sommer as natuurlike pesbeheer opgedaag het.

• Persone wat wilde diere of groot tipe voëls soos valke en arende in hul tuine of omgewing opmerk, kan Daleen Naude bel by 013 243 1434 of stuur e-pos na daleen@mobserver.co.za.

• Me. Kidson het verskeie foto’s van die valk geneem. Meer foto’s kan gesien word op www.mobserver.co.za.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button