EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Ontmoet akteurspaar by vertoning

Gaan kyk na die aangrypende rolprent, Uitvlucht, en kry die geleentheid om ook die regisseur, Regardt van den Bergh en sy vrou, aktrise Clara Joubert van den Bergh, te ontmoet.

Die rolprent word op 31 Augustus in die saal by Middelburg Care Village vertoon. Toegang is R50 per persoon.

Clara speel die hoofrol in hierdie aangrypende verhaal oor “Anna” ‘n konserwatiewe vrou wat alles wat saak maak in haar lewe verloor. Sy begin werk by ‘n plaasskooltjie met die naam ‘Uitvlucht’.

In haar heelmaakproses ontmoet sy die boer, Dok (Stian Bam) wat haar help om weer in haarself te glo.

Ander bekendes wat in die fliek te sien is, is Jill Levenberg, Oscar Peterson, Lika Berning, Clyde Berning, Margot Luyt en Carel Trichardt.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button