Local newsNews
CMR ontvang Helpende Hand
Tydens Nasionale Welsynmaand, het Helpende Hand na CMR (Christelike Maatskaplike Raad) se vergadering gegaan en vir hulle 'n geraamde gebed gevat om hulle waardering teenoor CMR te wys.
“Ons het ook vir elkeen ‘n klein bederfie gevat om ons waardering en dank te wys vir dit wat hulle in die gemeenskap doen. Daar is nou ‘n samewerkingsooreenkoms tussen Helpende Hande Middelburg en CMR Middelburg waar ons en hulle hande vat en mekaar help en ondersteun,” sê me. Mariëtte Stapelberg, ondervoorsitter van Helpende Hand se Middelburg-tak.
Helpende Hand sal gesinne besoek, assesseer en kospakkies voorsien en indien nodig, sal Helpende Hand CMR in kennis stel indien daar enige welsynshulp of -bystand nodig is.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



