Local newsNews
Nuwe baadjie vir naskool
Laerskool Middelburg se naskoolsentrum spog met 'n splinternuwe baadjie.
Die kinders was verras toe hulle na die vakansie terugkeer en die spoggerige naskoolsentrum sien.
Die ingang met sy nuwe plante en heinings, lei jou na ‘n laerskoolkind se middagdroom! Daar is ‘n sandput, speelgoed, swaaie, netbalpaal en selfs ‘n groot skaakbord met bypassende stukke!
Die kinders kry na speeltyd ook geleentheid om hul huiswerk te doen in die netjiese opgegradeerde klasse. Boonop het hulle pas ook skootrekenaars gekry, met toepaslike Internettoeganklikheid, om met navorsing vir take en skoolprojekte te help.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!








