Local newsNews
Karwassery wéér geteiken
Derduisende se skade is aangerig nadat boewe Sondagaand wéér by Aqua Karwassery langs Amazon's Restaurant toegeslaan het.
Dit is die derde maal in ongeveer ‘n jaar wat skadunette by die karwas gesteel is.
Die eienaar, mnr. Ben de Klerk, moes Maandag ‘n vindingryke plan maak om kliënte onder skadu te kry. ‘n Stukkie skadunet wat op die perseel was, is losweg oor een van die rame getrek sodat kliënte wat vir hul voertuie sit en wag, minstens bietjie skadu kon kry.
Drie afdakke se skadunette is Sondag gesteel.
Mnr. De Klerk sê die skade beloop meer as R8000.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



