CrimeLocal newsNews

Middelburg 911, ER24 vat hande

Middelburg 911 en die voorste ambulansdiens in Middelburg, ER24, het amptelik hande gevat.

Dit beteken dat daar tydens noodgevalle hoofsaaklik van ER24 ambulanse gebruik gemaak gaan word, mits die mense betrokke stipuleer dat hulle van ‘n ander ambulansdiens gebruik wil maak.

Die Middelburg 911 bestuurslede en ER24 paramedici het hul eie private Zello kanaal waarop hulle met mekaar kan kommunikeer en private inligting deurgee. Die besluit om amptelik hande te vat is geneem na ‘n vergadering wat Maandagaand tussen die twee instansies plaasgevind het.

Craig Sunde, van ER24, sê dat hulle alle pasiënte eties behandel, of hulle ‘n mediese fonds het of nie. Privaat pasiënte word na privaat instansies soos Life Midmed vervoer terwyl pasiënte sonder ‘n mediese fonds na die provinsiale hospitaal vervoer word.

Middelburg 911 is ‘n Zello groep wat gestig is vir burgerlike beveiliging en noodgevalle. Daar is op die oomblik meer as 10 000 lede op die kanaal en 59 reaksie lede. Middelburg 911 maak totaal en al staat op skenkings van die publiek. Finansiële bydraes word aangewend vir lopende uitgawes en die opleiding van reaksie lede. Daar word op die oomblik geld ingesamel vir koeëlvaste baadjies.

Indien jy ‘n bydrae wil maak kan dit in die volgende rekening inbetaal word:

Rekening: Middelburg CPF

Bank: Nedbank

Rekeningnommer: 146 804 1479

B/C: 169050

Gebruik asseblief die verwysing 911 omdat die rekening gesamentlik deur die gemeenskapspolisiëring-forum (GPF) gebruik word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button