Klipberg Fees die naweek
Die Klipberg Musiekfees word dié naweek (25-27 Maart) by die Landman's Vallei in Roossenekal aangebied.
Gaan geniet ‘n langnaweek, vol geprop met pret en goeie musiek, met van die beste sangers in die land soos Nadine, Pieter Smith, Jason Bradley, JJ Strydom, Mari Minnaar, Dennis East, Billy Forrest, Tommy Oliver en Clive Bruce. Daar is ook ‘n aparte verhoog waar verskeie DJ’s gaan optree vir die laatnag vermaak Vrydag- en Saterdagaand.
Buiten die musiekfees, is daar ook 300 uitstallers van regoor Suid-Afrika, 4×4-vermaak, bergfietsritte, kompetisies met groot pryse aangebied deur LASHER SA asook boeresport vir die hele familie.
‘n Biertuin sal beskikbaar wees van vroeg tot laat, asook kindervermaak. Kitsbanke sal op die perseel beskikbaar wees oor die tydperk van die fees.
Daar is gratis tentverblyf vir feesgangers met eie tente. Ablusiefasiliteite, asook stortgeriewe is besikbaar vir alle feesgangers en naweekpermithouers.
Voertuie het gratis toegang en parkering tot die fees vir die naweek.
Pryse sluit jou kampering en toegang in vir die hele naweek en is as volg:
• R285 ‘Early bird’ prys ( vir die hele naweek + gratis bier). Daar is slegs ‘n beperkte hoeveelheid beskikbaar. Hierdie kaartjies word nie by die hekke verkoop nie.
• R350 Normale prys (vir die hele naweek).
• R250 Dagbesoekers.
• Kinders o/10 – gratis.
EFT inbetalings kan gedoen word!
• Vir meer inligting, bel 083 419 0179 of stuur ‘n epos na margueritelandman@yahoo.com



