EntertainmentLifestyleLocal newsNewsSchool sportSport

Michelin ster vir ’n Middelburger

Jan-Hendrik van der Westhuizen, ’n gebore Middelburger, is die eerste Suid-Afrikaner wat ’n Michelin-ster ontvang.

Dié gesogte toekenning is soos die Oscars van die restaurantindustrie vir kookkunstenaars wat deur die bandemaatskappy, Michelin, toegeken word vir uitnemendheid.

Jan-Hendrik word deel van ’n uitgesoekte, handjie vol sjefs en restauranteienaars (soos Gordon Ramsey) wat hierdie gesofistikeerde prys wen.

Sy restaurant, JAN, is in Nice, Frankryk en Jan-Hendrik bedien sy eie weergawes van Suid-Afrikaanse kos soos mosbolletjies en biltong.

Die inspirasie vir sy disse word hoofsaaklik van sy ouma se geregte gekry wat hy moderniseer.

Die restaurant het in 2013 begin en die deure was skaars agt maande oop toe die Michelin Guide JAN reeds noem in hulle boek.

JAN is in 2015 as een van die wêreld se 15 beste restaurante aangekondig deur Conde Nast Traveller en die Michelin-ster is net die kersie op die koek.

Jan-Hendrik,’n oudleerling van Hoërskool Middelburg, het kulinêre kuns en toegepaste ontwerp in Stellenbosch studeer en het vir kospublikasies in beide die binne- en buiteland gewerk.

Gedurende hierdie tydperk het hy met die konsep van gekultiveerde melktert vir die Europeërs begin woeker.

“Hy het nog altyd van kosmaak gehou en was een van die eerste leerlinge by MHS se spysenieringsklub, Greenpeppers,” sê sy ma, mev. Hessie van der Westhuizen.

Sy hoërskool kunsjuffrou, me. Marion Duvenhage, sê dat Jan-Hendrik nog altyd lief was vir die mooi dinge in die lewe en ’n unieke en veelsydige kind is.

“Ek is verskriklik trots op hom. Hy was altyd ’n energieke kind wat sy drome en idees nagejaag het – al het dit hoe onmoontlik vir ander mense gelyk. Jan-Hendrik het altyd die ekstra myl gestap en baie hard gewerk.”

Sy tweede boek kom 17 Maart 2016 uit en sal in beide Afrikaans en Engels gepubliseer word.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button