Meisie in Alexs gekaap
'n Middelburg boorling en oud leerling van Hoërskool Kanonkop is in Johannesburg gekaap.
Volgens Elsie Vermooten, ‘n onderwyseres by Laerskool Middelburg, was haar dogter, Elsa, Woensdag na werk oppad na ‘n restaurant vir ‘n ontmoeting met ‘n vriendin, toe sy gekaap is.
‘n Ooggetuie het aan mev. Vermooten vertel dat ‘n groep mans op haar dogter, wat in ‘n Peugout sportnutsvoertuig gery het, toegesak het, terwyl sy by ‘n verkeerslig in Alexandria gestaan en wag het.
Hulle het vuurwapens op haar gerig. Mej. Vermooten kon koelkop bly en het dit reggekry om uit haar motor te spring, voordat die mans daarmee weggejaag het.
Die motor is later by ‘n hostel in die omgewing gevind. Alhoewel alles uit die motor gesteel is en die voertuig gesluit was, was daar geen ander skade nie.
Mej. Vermooten het vermoedelik verdwaal oppad na die restaurant toe. Sy was oppad om ‘n vriendin wat die naweek trou te ontmoet. Sy is ‘n strooimeisie by die troue en het al die strooimeisie rokke by haar in haar motor gehad. Die boewe het dit, tesame met ander waardevolle items, uit die voertuig gesteel.
Mev. Vermooten het Donderdagoggend, oppad na haar dogter in Gauteng, gesê dat sy ongeskonde is en dat hulle die Here prys dat sy niks oorgekom het nie.
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!



