Polisiemanne wat mekaar takel in hof
Drie polisiemanne het in die hof verskyn na aanleiding van 'n aanranding saak wat in Desember 2009 geopen is.
Harry Edward Scheepers (47), Jacobus Cornelius Griesel (53) en Cornelius Tjaart Botha (45) is aangekla van aanranding met die opset om ernstig te beseer, na ‘n voorval op 18 Desember 2009 waarin hulle glo vir Sipho Samson Vilakazi geskop en geslaan het.
Die onderonsie het ontstaan toe Vilakazi, wat in November van dieselfde jaar tydelik geskors is, die polisie se gebou betree het om die faksmasjien te gebruik om ‘n Popcru brief te versprei.
Op die brief het Vilakazi by die unie gekla oor die “swak toestand waarin swart polisielede se stoele is, die feit dat daar geen kombuis vir die aanklagkantoor beskikbaar is nie en omdat net wit offisiere lugversorgers in hul kantore het.”
Daar is ook aangevoer dat lede wat in die aanklagkantoor werk te lank moet staan omdat daar nie stoele beskikbaar is nie, en omdat daar net een televisie beskikbaar is.
Hy het ook gekla dat 30 swart reserviste teen geen betaling gewerk het nie.
Die polisie kon nie interne dissiplinêre stappe neem nie omdat beide partye klagtes gemaak het en die weergawes drasties verskil. Die saak is tot volgende jaar Februarie uitgestel.
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!



