Local newsNews

Jong skaapwagter verdrink

'n Jong skaapwagter, mnr. Ellias Mutemba Macache (23), wat by mnr. Francois en me. Idonia Gouws gewerk het, het in 'n nuutgeboude dam op plaas, JJ Farming, verdrink.

‘n Werker op die plaas het Maandag die pomp by die dam gaan aanskakel toe hy opmerk dat daar ‘n skaap in die dam is.

Hy het dadelik mnr. en me. Gouws daarvan in kennis gestel. Hulle het die skaap uit die dam gehaal, maar die skaapwagter was nêrens te sien nie.

Mnr. Macache se waterskoene is later opgemerk waar dit langs die dam staan. Met nadere ondersoek het hulle voetspore gesien en wat lyk soos ‘n glymerk. Omdat die dam nuut gebou is, is die plastiek wat die dam omlyn nog baie glad.

Mnr. en me. Gouws het Life 24 Ambulansdienste ontbied.

Konstabel JP Otto (SAP reservis), mnr. Charl Blake (Life 24) en mnr. Abraham Cochrain het die water aangedurf om te kyk of hulle mnr. Macache kan opspoor.

“Ons vermoed Ellias moes tussen 12:00 en 12:30 in die dam geval het, en mediese personeel was dadelik op die toneel, maar was dit reeds te laat toe kontsabel Otto vir die laaste keer af duik en die liggaam omstreeks 14:00 ontdek. Sy liggaam is dadelik uitgehaal, maar daar was niks wat paramedici vir hom kon doen nie,” sê me. Mercia Blake (Life 24).

Me. Gouws het huilend aan Life 24 vertel wat ‘n hardwerkende en puik werker mnr. Macache was en hoe sy dieselfde oggend nog vir hom die nuwe skoene gegee het.

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button