Local newsNews

Munisipaliteit se hande afgekap

Tonne riviersand word daagliks onwettig langs die Klein Olifantsrivier, al langs Botshabelo se grensdraad af, uitgehaal.

Dit kwel die stadsraad omdat die sandmynery ‘n nuwe tendens is weens die ongeëwenaarde ontwikkeling in en om die dorp.

Die kwessie is lankal reeds onder die munisipaliteit se vergrootglas en die raad sal nou kyk na amptelike beleidsbesluite rakende die groeiende probleem.

Maar intussen waarsku die munisipaliteit egter “dit is en bly onwettig”.

Middelburg het geen tekort aan opportunistiese entrepreneurs nie, en die gesegde het dit raak, as dit pap reën moet jy skep, of as die sand daar is moet jy uithaal.

“Ons sien al meer praktyke kop uitsteek waarmee ons tien jaar gelede nie te doene gehad het nie,” sê me. Prudence Magutle, kommunikasiehoof van die Steve Tshwete Munisipaliteit.

Tydens net een besoek aan die sandmyn kon talle trokke, bakkies en waens opgemerk word, dit is egter nie so maklik om die myn van die pad af te sien nie, en hy floreer juis daarom.

Die natuurlike rivieroewer word weggemyn, en dit hou ekologiese, sowel as vloed gevare vir mense stroomaf in.

“Daarom sal deeglike om-gewingsim-pakstudies gedoen moet word alvorens toestemming vir die sandmynery gegee kan word,” sê me. Magutle.

Volgens me. Magutle is daar verskeie onwettige sandmyne waarvan die raad kennis dra, hoewel hulle nie kan optree nie, weens die gebrek aan munisipale beleid en bywette.

Dit sal egter spoedig aangespreek word sê sy.

Die bywet rakende sandmynery sal streng volgens nasionale mynwetgewing geformuleer word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button