Local newsNewsUpdate

Opvolg: Sakeman gee sy weergawe

'n Bekende sakeman kan steeds nie glo dat hy met 'n spitvurk aangeval is, nadat hy na 'n huis is om "met 'n man te gaan praat nie."

Volgens die sakeman was daar ‘n telefoonstruweling tussen sy swaer en mnr. Jan Groenewald. “Jan het gedreig dat hy my swaer se vrou en dogter gaan verkrag en my swaer was omgekrap. Hy het na my toe gekom en gesê ons moet met Jan by sy huis gaan praat. Ek het nog nooit vir Jan ontmoet nie en het net saamgery.”

By mnr. Groenewald se huis, het die sakeman uit die voertuig begin klim. “Ek het hom nie dadelik sien kom nie. Jan het van die kant af op my afgestorm met ‘n spitvurk en groot mes en my met die spitvurk begin steek!”

Hy het ‘n blikkie pepersproei, wat in sy swaer se voertuig was, gevat en in die rigting van mnr. Groenewald gespuit.

“Ek het ook ‘n pyp (staal domkragpyp) na hom gegooi om hom te probeer wegkry!”

Sy swaer het intussen die bakkie aangeskakel en tussen hom en die man met die spitvurk probeer inry. Hy het by hom in die voertuig ingespring. “Hy het bly steek na die bakkie en dit beskadig. As die venster oop was, het hy my in die bakkie deurboor! Hy het lekker gekry terwyl hy my met daardie spitvurk gesteek het!”

Die twee mans het hierna van die huis af weggejaag.

Volgens die sakeman het hy 16 steekwonde in die aanval opgedoen en moes die volgende dag doktersbehandeling ontvang.

• Die sakeman het aangedui dat indien mnr. Groenewald aangaan met sy dreigemente, hy ‘n prokureur gaan sien. “Hy het by die polisiestasie gesê dat hy ‘n wapen gaan kry en gaan terugkom!”

•Die sakeman het versoek om anoniem te bly.

Geveg met spitvurk

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button