Local newsNews

Video: Kom skud skud skud…

“Sy sê dis Maraine, en sy hou van rooiwyn. Haar naam was Charmaine en sy hou van brandewyn. En sy sê skud, skud, skud, skud jou biscuit. Skud, skud, skud...”.

Ja-nee Middelburg is reg om sy biscuit te skud, wanneer die dorp se Dorp van die Jaar makietie Vrydag by die Kees Taljaard Stadion aangebied word.

En wie kan beter getuig van ’n dorp wat kan skud, as die man wat so lekker skud homself, Pieter Koen.

Tydens die opening van Obaro Donderdagaand op Middelburg, het Koen nie alleen geskud-skud nie, maar een van Middelburg se entoesiastiese inwonertjies, klein Naas Boshoff (Vier), het saam met Koen op die verhoog geklim en geskud-skud.

Die makietie begin om 12:00 met ’n modeparade en deur die dag gaan daar danse, skopboks, sang en selfs Pablo die singende karwag en sy groepie wees.

Kosstalletjies en ’n biertuin gaan sorg dat daar deur die dag lekker gekuier kan word.

Die aand tree Brendan Peyper, Emo Adams en Bobby van Jaarsveld op.

Toegang is net R20 per persoon en die fondse gaan aan liefdadigheid.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button