Video: Stiaan se stem weergalm
Die talentvolle Middelburg boorling, Stiaan Reynierse, se nuutste musiekvideo vir sy titelsnit Blomkind, is die afgelope naweek uitgereik.
Stiaan is vanjaar benoem vir ‘n Huisgenoot Tempo toekenning as beste nuweling en sy album, getiteld Sonde, is in Maart vanjaar uitgereik.
Hy het al saam met legendes soos Richard van der Westhuizen opgetree en sy hoendervleis vertolking van die bekende Voshaarnooi op Ballade vir ‘n Enkeling, maak steeds opspraak.
Sonde bevat die volgende snitte, baie van hulle uit Stiaan se skrywerspen: Sonde, Blomkind, Middelburg My Lanie, Genadewater, Bang, Voshaarnooi, Song vir Livan, Vergeet en Vergeet, Save Me, Hurt en Simon & Garfunkel se Bridge Over Troubled Water.
Hy was al te siene op al die land se grootste verhoë soos Oppikoppie, Aardklop en Innibos, waar hy die kollig gedeel het met kunstenaars soos Koos Kombuis, Dozi en Deon van der Merwe.
Volg gerus ook vir Stiaan op Facebook of Twitter: @stiaanrey.



