Local newsNews
Riool op Rietkuil
Inwoners van Rietkuil is keelvol vir die riool wat al vir weke oorkant die pad by die poskantoor uitborrel.
Volgens DA raadslid Niekie van Zyl loop die drein al vir weke oor in Eerstestraat.
Dit is by die Steve Tshwete Munisipaliteit gerapporteer en op ’n stadium reggemaak, maar drie dae later het dit net weer oorgeloop.
“Daar is selfs dooie rotte wat saam met die riool oorborrel. Die stank is onuithoudbaar, veral as die wind waai!”
• Rdl. Van Zyl het dit verlede week weer gerapporteer en hy is belowe dat dit dadelik reggemaak gaan word. Maar tot op hede is daar nog niks gedoen nie.
• Daar is ’n medianavraag aan mnr. Emmanuel Tshehla gestuur, maar teen druktyd het hy nog nie geantwoord nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



