Local newsNews
Video: ‘Moenie vir Liewe Jesus kwaad wees nie’
In 'n laaste briefie aan haar gesin het Middelburg se kankerpasiëntjie, Carla Jordaan (15) gevra dat haar ma "nie moet kwaad wees vir Liewe Jesus nie."

Carla is Donderdag in die vroeë oggendure in haar ma, Elmarie Kidson, se arms oorlede.
Sy is op 17 April 2010 met akute limfoblastiese leukemie gediagnoseer .
Hulle was nog besig om dié skok te verwerk, toe Carla se suster, Lida, net etlike weke later die hartseer nuus kry dat haar driejarige seuntjie, Enzo, dieselfde kanker het. Hy is op 6 November 2014 oorlede.
‘n Roudiens word Saterdag (18 Julie) om 10:00 uit die NG Kerk, Suid gemeente, gehou.
• Natashja Brighton het ‘n video van Carla se lewe gemaak met dié woorde daarby: “Carla jy sal altyd voortleef. Met liefde gemaak vir almal wat jou so lief gehad het en altyd sal liefhê!”
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



