Kwêla Town of the Year voting opens Wednesday
Die laaste pylvak breek Woensdag, 15 Julie, vir Middeburg aan in die kykNET Kwêla Dorp van die Jaar kompetisie, wanneer die stemmery afskop.

Daar kan 30 maal vir Middelburg per selfoon gestem word, dus as pa, ma, en twee kinders elk ’n selfoon in die huis het, kan ’n gesin van vier 120 maal vir Middelburg stem.
Die stemmery is verleng tot 21 Julie, so daar is altesaam ses dae vir inwoners om te stem, en te sorg dat Middelburg as Dorp van die Jaar gekroon word.
Die wendorp sal meer as R1 miljoen se kykNET lugtyd kry vir bemarking.
Middelburg benodig minstens 110 000 stemme wat bereikbaar is, as elke inwoner 30 keer stem.
Daar is natuurlik ’n string lekker pryse op die spel: Nashua borg drie Vodafone tablette, tesame met ’n hoë gehalte drukker vir die maatskappy wat sy deel doen en toesien dat alle werknemers stem, deur lugtyd te borg.
Een nag se gratis verblyf en ’n potjie gholf by die buiteklub kan ook gewen word. Yum Yum Cuisine borg twee borde kos, twee maal per week vir twee vir ’n volle maand lank. ’n Naweek wegbreek vir vier by Olifants River Lodge kan gewen word.
Olifants borg ook ’n buffet-ete vir vier. ’n Naweek vir twee by beide Forever se Isiyala Lodge en die Waterfall Lodge is op die spel. Midway Inn borg ’n naweek en-suite wegbreek vir twee met maaltye.
Terwyl vier vlekvryestaal bakplate en waterbottels gewen kan word.
Om een van hierdie pryse te wen, moet inwoners 30 keer Middelburg na 33157 SMS tussen 15 en 21 Julie.
Wys waar jou lojaliteite lê, stem Middelburg!
Video: Optog deur dorp van die jaar!
Video: Stem Middelburg – Kwêla dorp van die jaar!



